Frans Swart

Frans Swart, ook regisseur van Liewe Heksie sê hy is baie opgewonde dat Verna die nuwe storie spesiaal vir hom geskryf het en ook aan hom toevertrou het. “Liewe Heksie het deur die jare so ‘n groot invloed op my lewe gespeel, want ek was kameraman op die Heksie-televisiereekse. Behalwe dat ek grootgeword het met Liewe Heksie, het Heksie in my hart kom inkruip met die televisiereekse. Dit is vir my ‘n besondere eer om Liewe Heksie en die Tuindwergie op te voer en dis so besonders, want dis ‘n vars en splinternuwe storie,” sê Swart.