
Verna Vels
Die skepper van Liewe Heksie, Verna Vels is verlede jaar oorlede en het kort voor haar dood ‘n splinternuwe storie spesiaal vir Lefra Produksies geskryf. Lefra Produksies toer reeds die afgelope vyf jaar met baie suksesvolle Liewe Heksie-produksies. Regisseur Frans Swart het vir Verna oortuig om ‘n splinternuwe Liewe Heksie-storie te skryf. So is hierdie nuwe Heksie-teaterproduksie gebore – Liewe Heksie en die Tuindwergie. “Ek wou nog altyd gehad het dat Heksie ‘n tuindwergie ontmoet,” het Verna gesê “en wou sien wat Heksie met die Tuindwergie doen. En glo my, ek is seker sy gaan weer in die moeilikheid kom! Ons maatjies moet maar kom kyk wat vang Heksie met Casper, die tuindwergie aan.”